Bosveld Stereo

Bosveld Stereo

0 Follower 1619 Views
Bosveld Stereo is a community based broadcast radio station, providing African music, news, Christian programs, and Entertainment.
Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area. Bosveld stereo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld stereo betrokke is. Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radio stasie met ‘n Christelike agtergrond. Dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien. ‘n Dinamiese Radiostasie Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met die gemeenskap wat hy bedien asook met die lisensie-owerheid in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die toekenning van uitsaailisensies. Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie met sy sendermas 380 meter hoog op die Magalliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en selfs sover as Cullinan is binne siglyn van die sender. Bosveld Stereo se voetspoor Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, weswaarts oor die Magalliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.
Listen to Bosveld Stereo on your device!
Get it on Google Play Get it on App Store

Download the free app

Listen to 100,000+ live radio stations around the World, on-demand content like podcasts & etc anywhere you go it is with you.

Get it on Google Play Get it on App Store